Deur Jacky van Tonder
Waar die Blombosse blom
en die Kelkiewyn, ‘n heildronk op die lewe is.
Kusmalvas, Sambreeltjies en Sterretjies
en Feëklokkies.
Tongknopers;
Kalkoenbelletjiebos,
Kukumakranka,
Chincherenchee.
Waar jy die Maagpynbossie soek
na die Galsiekslaai.
Dan wonder ek oor die
Hondepisbossie, Drolpeer,
die Donkiepram en die Pietsnot.
Wie het hierdie name uitgedink?
Die Kelkiewynmense of
Die Pietsnotte







